DOOPSOUS VIR ALLES


DOOPSOUS VIR ALLES
In 1988 gee nuwe buurvrou en nuwe vriending vir my hierdie doopsous resep. Dit was werklik nog nooit weer nodig om enige ander resep te probeer nie.
Doopsous vir alles
Meng alle bestanddele en dit kan vir maande in die yskas gehou word.
1 bottel Mayonnaise (790g)
1 blik kondensmelk (385g)
60 ml suurlemoensap
25 ml Worcestorsous
50 ml pietersielie (vars of gedroog)
5 rooi snoepuie, fyn gekerf (gekleurde cocktail uitjies)
4 agurkies, grof gerasper
1 middelslag ui, fyn gekerf
2 ml sout
Knippie rooipeper
Gebruik as broodsmeer, by gekookte eiers, koue vleis, warm vleis, chips, salty crax en enige-iets anders waaraan jy kan dink.
Resep en foto: Hettie Pringle