2 MINUTE NOODLE SLAAI


2 MINUTE NOODLE SLAAI
2 pakkies 2 minute noodles
1 pakkie amandels
3 eetlepels sesame saad
1/4 koolkop of 2 klein kooltjies gekerf
Sprietuie gesnipper
Krummel die 2 pakkies noodles en braai in botter, maar nie bruin. Braai die pakkies amandels by en die sesame saad. Voeg gesnipperde sprietuie en kool by en meng alles bymekaar
Sous
¼ koppie olie
1 teelepel sojasous
¼ koppie asyn
½ koppie suiker
Kook alles saam. Gooi sous bo-oor en roer.
Dis heerlik!! Die slaai is crispy! Ek sit rooi peppers by vir kleur
Resep: Corinne Munro