ROOI FLUWEEL KOLWYNTJIES



ROOI FLUWEEL KOLWYNTJIES
125ml botter
375ml suiker
2 eiers
250ml karringmelk
30ml rooi koskleursel
5ml vanieljegeursel
7,5ml bakpoeier
15ml asyn
500ml koekmeel
85ml kakaopoeier
5ml sout
Voorverhit die oond 180c
Meng botter en Suiker tot lig
Voeg die eiers, karringmelk, kleursel en geursel by.
Meng bakpoeier en asyn by
Sif al die ander droe bestanddele by
Skep in holtes van pannetjies (half vol) en bak 20 – 25min
Versiersel – Wenresepte 3
250ml melk
75ml koekmeel
250ml botter
250ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
Meng melk en koekmeel goed en verhit dan tot kook punt laat 1 min kook terwyl roer.
Laat afkoel
Verroom botter en strooisuiker voeg melkpap en vanieljegeursel by! Klits goed
Ek het 120ml versiersuiker by gesit om hom biejie stywer te kry!!
Alles is lekker!! Ek persoonlik sal van n meer soeter versiersel hou! Maar ek gee hom 7/10
Weereens baie baie dankie julle! Ek Waardeer my geskenk!
Foto: Benhet Niewenhuis
Bron: Tannie Poppie