WILMA SE HAPPIETERT


WILMA SE HAPPIETERT
2 rolle skilferkorsdeeg
1 sakkie tamatiepasta
1 geklitste eier
½ groen sopetrissie
Handvol sampioene
1 middel grootte ui
1 pakkie “Bits’o’bacon
250 ml gerasperde cheddar kaas
Min sout en swartpeper
Braaispeserye
Knoffel
Rissiepitte
Stel oond op 160ºC. Smeer ‘n bakplaat wat ‘n sirkel van 30 cm in kan pas.
Haal die deeg uit die pakkies uit. Sit dit in die bakplaat, sit ‘n grootbord op die deeg en sny ‘n sirkel uit elke rolletjie.
Daar gaan deeg oorbly. Hou dit eenkant.
Smeer tamatiepasta op die onderste deeg sirkel. Maak dit toe met ‘n klam doek.
Braai nou die spek, uie, groen soetrissie en sampioene in ‘n pan en roerbraai in klein bietjie olyf olie tot gaar.
Geur met sout, peper, braaispeserye, knoffel en rissiepitte na smaak en laat vir nog so 2 minute braai.
Sit die mengsel op die onderste deeg bo-op die tamatiepasta en sit die tweede deeglaag bo-op.
Sit nou ‘n glas in die middel van die deeg en merk die sirkel af. Moenie deursny nie. Hou die glas daar en sny nou die deeg in skywe, soos vir ‘n koek van die middel by die glas af. Draai elke skyfie twee keer ‘n die rondte. Dis bietjie morsig.
Druk die punte stewig vas, smeer met eier en bak tot goudbruin en gaar. Wanneer gaar, breek af van die middel af en geniet met ‘n slaai of net so as ‘n versnappering.
Die deeg wat oorbly – Smeer met tamatiesous, strooi kaas oor en bak in ‘n warm oond. Wanneer gaar, sny in vingers of in blokkies en bedien as versnappering of ligte ete .
Resep en foto: Wilma Josey Venter