VARKBOUD MET COKE

tested

VARKBOUD MET COKE

2 kg varkboud
½ bottel Mrs Balls Chutney
7 uie, in ringe gesny
1 liter vleisaftreksel
2 blikkies Coke

Braai vleis tot bruin in ysterpot.
Pak uie bo-op.
Gooi aftreksel en Coke bo-oor en dan chutney.
Bak 3 ure teen 170ºC (of in ‘n platpot op die kole)
Maak vleissous dik met bietjie meel of Maziena!! Baie lekker

Resep beproef deur Johan-Kobie Van Rooyen en Petra Pretorius Seaton

VARKBOUD MET PYNAPPEL

1 blik fyngedrukte pynappel
2 fyngedrukte knoffelhuisies
2 e worcestersous
2 e Robertsons Ginger Paste
1,5 kg varkboud
Robertsons whole cloves
Robertsons Atlantic Sea Salt en Black pepper
1 k water

Meng die fyngedrukte pynappel fyngedrukte knoffel worcestersous en gingerpaste in ‘n bak saam.
Sit boud in oondpan druk whole cloves in die vleis in gooi die sous oor en geur met sout en peper.
gooi 1k water in die oondpan bedek met foelie en oondbraai in n verhitte oond teen 180°C vir
omtrent 1en n half uur. Haal die foelie af en oondbraai vir 15 min teen 200g°C.

Resep gepos deur Franco Dippenaar