RITA SE TUISGEBAKTE BRUINBROOD

rita se bruinbroodtested

RITA SE TUISGEBAKTE BRUINBROOD

3 koppies semels
4 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
10 g suurdeeg
4 eetlepels olie
2 teelepels sout
540 ml lou warm water
Maak suurdeeg met lou water aan voeg olie en suiker by laat staan rukkie en voeg by droë bestanddele.
knie met hande tot dat deeg gevorm is, sit doek oor en op warm plek,  laat tot dubbel die grootste rys.   Ek gooi die suurdeeg bietjie vir bietjie by tot deeg gebind het dan knie ek dit goed met bietjie olie aan my hande, tot die deeg lekker elasties is.
Plaas in voorbereide broodpan en bak vir uur op 180 ºC vir 1 uur.

Resep en foto:  Rita Killian