PETRE SE FYN VYEKONFYT

petre se vye konfyttested
PETRE SE FYN VYEKONFYT
3 kg ryp vye
2.5 kg suiker
4 heel naeltjies
3 spuite suurlemoensap
Botter om die pot se rand te smeer

Berei die vye voor, skil en sny soos verkies. Plaas gesnyde vye in die pot op die stoof en voeg die res van die bestanddele by.
Meng en kook oor baie lae hitte tot die stroop vorm en die suiker gesmelt is.
Smeer pot se rand met botter.
Kook op hoog vir om en by 30 minute
Spuit 3 spuite suurlemoen sap by, en kook vir nog 5 minute of tot die stroop se dikte reg is.
Bottel warm1ste FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld
2de FOTO: Adam Cloete