PETRA SE PIESANG MUFFINS

petra se piesang muffinstested
PETRA SE PIESANG MUFFINS
Piesangs raak gou oorryp in die hitte en dan soek mens mos gewoonlik ‘n piesangbroodjie resep maar ek het besluit om Muffins te maak met my oorryp piesangs.:
4 baie ryp piesangs
200 ml suiker
1 eier (geklits)
80 ml gesmelte botter
375 ml meel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
knippie sout
1.5 ml caramel essence (opsioneel)
Druk die piesangs baie fyn; en meng met die suiker, geklitste eier, gesmelte botter, en caramel essence.
Sif al die droë bestanddele in en meng goed. Skep twee-derdes vol in gespuite gewone grootte muffinpanne en bak vir 20 minute by 180 grade.
Wenke:
Hierdie resep lewer
± 16 gewone grootte muffins;
of 12 gewone grootte muffins én 12 mini muffintjies daarby;
of ± 42 mini muffintjies.
Indien jy gewone grootte muffins én mini muffintjies se panne tegelyk in oond wil bak, haal die mini muffintjie pan na 14 minute al uit die oond, en dan haal jy die gewone grootte muffin pan eers na 20 minute uit die oond, die gewone grootte muffins sal nie platval nie.
As jy slegs mini muffintjies bak, haal hulle pannetjies almal na 14 minute al uit.
Hierdie is ‘n baie lekker klam piesang muffin resep, vinnig om te maak, en glad nie duur nie.
Die muffins vries ook baie goed, bygesê as daar oorbly om te vries want hulle is so lekker en vullend
BRON EN RESEP: Petra Nel