PAPRIKA HOENDERBREDIE


PAPRIKA HOENDERBREDIE
6 Hoendersnitte. Dytjies en boudjies is ideaal, maar ek het 3 hoenderborsies gebruik wat in die helfte deurgesny is.
2 rooi uie in dik ringe gesny
2 knoffelhuisies gekap
3 medium groot wortels, geskil en in 1 ½ cm lentes gesny
4 medium groot aartappels geskil en in kwarte gesny
2 hoogvol telepels paprika
1 teelepel van elk, cumin, origanum en basilkruid.
½ koppie rooiwyn
2 eetlepels tamatiepasta
sout na smaak
Braai die uie in ‘n bietjie olie tot dit net begin sag word. Voeg die hoenderstukke en die knoffel by en braai tot die hoender verbruin het. Voeg die paprika, cumin, origanum en basil by en roerbraai vir ‘n minuut of twee sodat die hoender deeglik met die speserye en kruie gesmeer is. Meng die tamatiepasta met die wyn en voeg by die hoender. Ek het die bakkie waarin dit gemeng was met klein bietjie water uitgespoel en die water ook by die hoender gevoeg. Bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute. Voeg die wortels by, meng goed deur en prut vir nog 10 minute. Roer gereeld om seker te maak die sous, wat dik raak, brand nie aan nie. Indien die sous te dik raak, voeg bietjie meer water by. Voeg die aartappels en sout laaste by en kook tot die aartappels gaar is. Bedien met rys.
Bron en Foto: Adam Cloete.