MURG-VAN-GROENTE-VARKIE

tested
MURG-VAN-GROENTE-VARKIE
Ons maak ‘n varkie van dit.
1 murg van groente
500 g spek
250 g gekapte sampioene
1 blikkie Boerie soet tamaties
1 kg fyn gaar hoendervleis
1 blik botterbone
sout en peper
5 ml vars knoffel
1 pakkie wituiesop
100 ml water

Neem die murg van groente, sny ‘n deksel in breedte bo af, hol uit en maak die pampoenvleis gaar.
Braai die spek tot bros.
Meng alles en stop varkie, sit deksel op en draai styf toe in foelie
Bak 180°C vir 40 minute of tot varkie sag is.
Eet met koring of koeskoes, heerlik!
Resep: Floraine Wasserman Venter