MOROKKAANSE PLATBROOD

marokaanse platbrood
MOROKKAANSE PLATBROOD
Hierdie plat brood word daagliks ge-eet en kom in verskillende grotes, vanaf groot tot toebroodjie grote. Die brood is uitstekend om souse mee op te mop uit die bord uit.

3 koppies vol graan meel
2 koppies wit brood meel of twee koppies gort meel
3 1⁄2 tafellepels aktiewe droe gis
2⁄3 koppies Mieliemeel (asook ń bietjie ekstra om broodjies mee te bespringkel)
2 teelepels sugar
2 1⁄2 koppies water, lou warm (45 degrees C)
2 tafellepels oil
2 teelepels sout

1. Kombineer ń ½ koppie meel, die suiker, sout, gis en water in ń groot genoeg maatbeker. Bedek met ń vardoek en laat staan tot die gis goed geaktiveer het. Dit sal vol borreltjies wees en ń heerlike geur hê.
2. Sif al die droë bestandele in ń groot genoeg mengbak in. Voeg eers die gis mengsel by en dan die res van die bestandele.
3. Meng met jou knie hand tot ń ferm deeg vorm en knie dan tot die deeg ń gladde/satynagtige voorkoms het.
4. Laat rys op ń droëwarm plek tot dubbel die grote.
5. Voorverhit die oond tot 180°C.
6. Deel die deeg nou in die verlangde grote balletjies (vanaf 2 groter brode tot 8 – 10 balletjies)
7. Druk die deeg met jou vingerpunte plat (1.5cm dik) of rol uit tot die verlangde dikte, maar behou die ronde vorm. Sny ń kruis van ongeveer 3mm diep aan die bokant van elke broodjie en druk dan met jou duim ń duik in die middel van die broodjies, diep genoeg om amper ń gat te veroorsaak, maar dit moenie dwars deur wees nie.
8. Plaas op ń bakplaat wat goed bestrooi is met mieliemeel. Strooi ook van die meel bo-oor en druk liggies vas. Bedek weer met die vatdoek en laat rys weer tot ongeveer dubbel die grote.
9. Bak dan vir 12-18 minute in jou voor verhitte oond.
10. Let daarop dat die brood nie te dig moet wees of enige rys gate moet hê nie.
11. Die broodjies vries uitstekend, maar vir jou latere gerief, vries een-een in klein sakkies. Laat ontvries en verhit vinnig in die oond vir ń vars gebakte smaak.

GEPLAAS DEUR Albert Buitenhuis