MELANIE SE HEERLIKE FUDGE


MELANIE SE HEERLIKE FUDGE
En hier is my eind produk….. Fudge gemaak vir die eerste keer in my lewe.
Die resep is soos volg
1,360 kg suiker
1 koppie warm water
1 blikkie kondensmelk
250g margarien
3 eetlepels stroop
Plaas alles in ñ dikboom pot, ek gebruik sommer stoompot sonder deksel. Bring tot kookpunt, sit hitte laag en roer vir 20 min terwyl dit kook. Verwyder van die hitte en klits ñ halwe teelepel tartaric acid in. Klits tot dit net begin stol, gooi uit in pan voor dit stol. Laat effens afkoel, sny in blokkies, en laat verder afkoel. Geniet!
BRON – Melanie Elms Volmer
Resep geplaas deur Linda Venter