MARLYN SE WORSGEREG

tested
MARLYN SE WORSGEREG

Jy het nie n baie groot stuk wors nodig nie.
Jy het nodig:
Wors
n Paar geskilde, dun skyfies gesny aartappels
Koppie rou tastic rys
Groot ui, knoffel na smaak
Red pepper
Yellow pepper(albei opsioneel maar dit gee n heerlike smaak)
Pakkie chillie beef soppoeier aangemaak met ongeveer 750ml koue water
Sout en peper
Oond op 180 grade C (Nb. Voorverhit)

Pak n laag of twee aartappel skywe onder in n oondvaste bespuite oondskottel/bak.
Haal die wors in klein bolletjies(soos klein frikkadelletjies) uit die derm en pak rond op die aartappels.
Gooi koppie rou rys weer lekker oor dit.
Braai ui, peppers en knoffel in bietjie olie tot glaserig en skep dit bo-op die rou rys in die skottel.
Giet nou jou aangemaakte sop bo-oor alles.
Sit deksel of foelie op en bak stadig vir ongeveer 1 en n half uur tot 1 uur 45 min.
Heerlik met n mengel of beetslaai en selfs cocktail rolls daarby. Jy kan ook soetwotels/soet ertjies saam gee. Maar lekker op sy eie en heerlik die volgende dag. Hou aartappelskyfies dun.

Resep: Marlyn Ingram Ferreira