MAGDA SE GEMMERKOEKIES

jan se gemmerkoekiestested
MAGDA SE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Magda Van Der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
180 g regte botter
60 ml goue stroop
250 ml suiker
1 eier
560 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
10 ml fyn gemmer
5 ml fyn “mix spice”
ekstra suiker

Smelt botter en goue stroop in kastrol, verwyder van hitte en roer die suiker by.
Klop nou die eier by met houtlepel, voeg die gesifte droë bestanddele by en meng tot sagte deeg.
Rol nou in balletjies en dan elke balletjie weer in ekstra suiker en pak op gesmeerde bakplaat.
Druk plat met vurk en bak vir 12 min op 180°C.