LEKKERSTE AARTAPPELS OOIT

lekkerste aartappels corinnetested

LEKKERSTE AARTAPPELS OOIT

Ek het die lekkerste aartappel resep by my vriendin Marna gekry. Kook aartappels gaar in skil. Sit gaar aartappels in oondbak en druk effens plat. Strooi so 2 hande vol vars roosmaryn of vars kruie van jou keuse oor aartappels en sprinkel met olyfolie, ek reken seker so 60 ml afhangende van die hoeveelheid aartappels. Maal sout oor na smaak en bak onbedek teen 160 grade vir 2 tot 3 ure. Dis baie lank maar oor en oor die moeite werk.
My eie foto sommer so in die oondbak.

FOTO EN RESEP:  Corinne Munro