KOOS SE KERRIE SOUS


KOOS SE KERRIE SOUS
Genoeg vir 2 kg Vleis
5 uie Fyn gesny
50ml olyf olie
6 Knoffel huisies fyn gesny of gedruk
2 teelepels Gemmer poeier
1 Rooi Pepper
4 Tamaties fyn gesny
2 Eetlepels botter
1 Teelepel turmeric
2 teelepels cumin powder
2 teelepels fyn coriander
2 teelepels Hot English Mustard poeier
1 Teelepel Paprika poeier
2 teeleps growwe chilli’s of poeier
Sout en peper saam met hoof dis.
Aanwysings
1 Gooi die Gemmer en chilli’s saam in n beker met water en meng dit goed. Net so 50 ml water
2 Braai uie, Red pepper en knoffel in n ysterpot met die olyf olie tot uie sag en glaserig is.
3 Gooi die gesnyde tamaties by en Roer die heel tyd vir so 5 minute
4 Gooi nou die Gemmer, Chilli pasta in saam met die ander droe speserye en roer deur. NIE die Turmeric nie. Gooi water by net om alles te bedek en roer goed.
5 Sodra die mengsel begin kook draai die hitte af en laat prit vir 15 minute terwyl jy kort kort roer. Die sous gaan begin dik raak so moenie dit brand nie. Moenie weer water by gooi nie haal liewer af van die plaat af en laat staan
6 Na 15 minute haal die pot van die plaat af sodat die sous kan afkoel
7 Maak alles fyn. Met n blender.
8. Plaas nou die botter in n pan op die plaat tot dit begin kook en gooi die Turmeric by en roer/braai vir 1 minuut tot dit begin bruin raak.
9 Gooi die Botter Turmeric by die ander sous en sit weer in die ysterpot om te prit vir 5 minute.
10 Jy kan die mengsel in die yskas bere vir iets soos 4 dae of vries tot jy dit wil gebruik
11 Ek het hoender en aartappel ge-precook.
12 Die sous is uit die pot gegeskep en die hoender en aartappels is in die pot geplaas.
13 Toe gooi ek die sous oor alles sit die plaat op no1 en los dit nou om te trek
14 Bietjie Parsley oor gegooi net vir iets anders in die kleur
Resep en Foto: Koos van der Merwe