KERRIEUIE MET MOSTERD


KERRIEUIE
3.5 kg uie, in ringe gesny
1.125 liter asyn
45 ml stroop
900 g suiker
25 ml mosterdpoeier
25 ml kerriepoeier
7 ml sout
100 ml maizina, opgelos met bietjie koue water
Plaas die uie in ‘n kastrol met warm water. Kook tot net sag, nie pap nie. Dreineer goed.
Meng die res van die bestandele, behalwe die maizina, in ‘n kastrolen verhit. Roer tot al die suiker opgelos is.
Verwyder die kerriemengsel van die hitte en roer die maizina by.
Plaas terug op stoof en kook tot verdik en gaar.
Voeg die uie by die kerriemengsel en kook goed deur.
Skep in skoon warm bottels.
Foto: Karin Klinck Pitout