JAPTRAP MIKROGOLF PIESANG BROODJIE
Klits eiers en suiker tot romerig.
Klits die piesangmoes by tot lig en sponsig
Klits olie in dun straaltjie by eier en piesangmengsel.
Meng 1 koppie koekmeel, 15 ml bakpoeier en 2 ml sout en neute en vou in piesangmengsel tot alles gemeng is. Gooi in klein mikrogolf broodpannetjie.
Bak vir 7 minute op hoog in mikrogolf.
Smeer karamel kondensmelk oor .
Dis ‘n heerlike klam broodjie met ‘n pragtige fyn tekstuur…en super maklik en vinnig.
Fotos: Adam Cloete en Nicolene Adams
Foto: Henriette Rossouw – Ek het hom so bietjie aangepas vir ontbyt.
1 koppie volgraan bruismeel in plaas van bakpoeier en meel.
Botter in plaas van olie gebruik en 3 weetbix ingesit in plaas van neute.
Heerlik sag en vogtig.
Ons 5 het hom verslind .



