INGELEGDE PEPPADEWS MET HEUNING


INGELEGDE PEPPADEWS MET HEUNING
2.5 liter wit druiwe asyn
250 ml heuning
5 ml sout
2.5 kg suiker
50 g “pickle spice” ( Een pakkie )
peppadews
Vir die stroop:
Voeg al die bestanddele saam behalwe die peppadews.
Kook oor lae hitte tot ʼn stroop.
Kook nou die stroop baie vinning en gooi genoeg peppadews in, alles moet met stroop bedek wees.
Kook vir slegs 5 minute.
Belangrik MOET nie meer as 5 minute kook nie Dan word die peppadews pap.
Skep in skoon bottels.
Maak seker dat die bottels behoorlik vol is met die kokende stroop.
Verseël goed.
Laat ‘n paar dae rus.
Peppadews is in 1993 in die Oos Kaap ontdek. Dit is ‘n eg Suid Afrikaanse plant. Sy index op die
“scoville scale” 1177.
Bron en foto: Johan Du Preez Snr