HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS


HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS
Klits saam:
2 Eiers
125ml Olie (halwe koppie)
Voeg by bogenoemde:
250ml Koekmeel (een koppie)
10ml Bakpoeier (twee teelepels)
2ml Sout
2ml Fondor
Metode:
Deeg is baie slap.
Bespuit of smeer kolwyntjie pannetjies.
Skep eers bietjie deeg onder in, dan bietjie maalvleis en dan weer deeg bo-oor.
Bak in oond by 232 grade celseus tot goudbruin.
Maak maalvleis, of enige ander vulsel ( tuna, spinasie en kaas, bacon, mushrooms, ens) eers gaar voordat jy begin met deeg. Daar kan ook kaas bo-oor gestrooi word voor jy dit in die oond sit.
Baie lekker en maklike resep vir kosblik of funksie as jy ietsie te ete moet saamvat.
(Bron: onbekend) die resep is by my ma gekry en sy het dit weer iewers gekry….
BRON: Heibre Schronen