HEEL GROENTAMATIE KONFYT


HEEL GROENTAMATIE KONFYT
(Ek kook 2 kg per kooksel)
groen tamaties geprik
gemmer
suiker
sout
water
suurlemoensap
gebluste kalk
Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir een dag. Roer gereeld terwyl die tamaties daarin week. Spoel die tamaties deeglik af.
Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en voeg ’n bietjie sout by. Plaas die tamaties een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook die stukke vir 10 minute.
STROOP:
Weeg die vrugte: vir elke 1 kg groen tamaties gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is. Verhit die water en voeg die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie. Voeg 25 ml suurlemoensap en 6 stukke vars gemmer by die stroop en kook 10 minute lank. Plaas die tamaties geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik raak, en die tamaties deurskynend word.
Laat staan die tamaties oornag in die stroop.
Skep dit die volgende oggend uit.
Verhit die stroop tot kookpunt.
Plaas tamaties in stroop en kook net vinnig deur.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, giet die warm stroop oor en verseël dadelik.
Bron en Foto: Petré Van Jaarsveld