ELSABE SE KAASKOEK


ELSABE SE KAASKOEK
Bestanddele:
3 bakkies maaskaas
2 blikkies kondensmelk
1 bottel room 250 ml
1\2 kop suiker
1\2 kop suurlemoen sap
Metode:
Klits als behalwe room.
Klits room styf en vou in.
Maak kors van 2 pakkies tennis beskuitjies en 125 ml gesmelte botter. Druk vas in los boom koek pan.
Gooi helfde van vulsel in.
Klits in ander helfde 2 teelepels kakao by. Gooi oor vulsel.
Bak 35 min in die oond by 180grade C.
Laat afkoel.
Sit in yskas om te stol.
Foto en resep: Elsabe Britz Vander Watt