DUIFIE SE SJOKOLADEKOEK

duifie se sponskoek2tested

DUIFIE SE SJOKOLADEKOEK
2 koppies koekmeel gesif
2 koppies suiker
½ teelepel sout
¾ koppie olie
¾ koppie kakao
2 koppies kookwater afgekoel
8 eiers geskei
4 teelepel bakpoeier
Sif koekmeel, voeg suiker en sout by.
Meng kakao met water en voeg by meelmengsel.
Meng goed.  Voeg die eiergele by,meng deur en klits dan die olie in.  klits baie goed.
Klits die eierwitte baie styf en vou in met ‘n lepel, nie klits.
Laaste kom die bakpoeier in, en meng net deur.
Skep in 2 voorbereide groot ronde panne of oondpan. Sit waspapier onder in pan.
Bak in oond by 160 ºC vir 45 min.
Foto en resep:  Duifie Miller