APPELKOOS POEDING

Appelkoos Poedingtested
APPELKOOS POEDING
250 ml suiker
50 ml botter
2 eiers
2 koppies meel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
100 ml melk
100 ml verhitte appelkooskonfyt, in 2 gedeel

Verroom die suiker en botter saam en voeg die eiers by.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.
Voeg die melk by en meng goed.
Smeer ‘n derde van die deeg in ‘n bak.
Smeer dan 50 ml verhitte appelkooskonfyt oor.
Dan weer deeg dan weer 50 ml appelkooskonfyt en dan die laaste deeg!

Maak sous, kook saam:
2 koppies water
125 ml suiker
50 ml appelkooskonfyt
30 ml botter

Giet warm oor poeding en bak 30 min by ‘n voorverhitte oond 180 ÂșC.
Jou bak moet so 20 x 30 x 5 wees.
Bedien met vla!
Dis lekker! Glad nie te soet nie! En soma vinnig en maklik! Hy maak so jellie lagie onder in die bak!

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis