ANELDA SE EENSKOTTEL HOENDERGEREG

Anelda se Eenskottel Hoendergeregtested
ANELDA SE EENSKOTTEL HOENDERGEREG

Heerlike eengereg vir aandete ♡
Gooi alles in n oondbak.
1koppie rys (wat alreeds in water gesoak is)
1 blikkie rooi “kidney” beans gdreineer
1 groot ui opgekerf
1 koppie gevriesde ertjies & mielie mix
1 blikkie tamatie salsa
1 koppie hoender stock
Sout, rooipeper, swart Peper, organum
Meng als goed deur
Plaas dan jou 4 hoenderborsies bo op.
Bedek met Tinfoil en bak vir so 45-60min in oond teen 180grade.
Die wat wil kan bietjie kaas oor strooi en laaste 10min bak sonder tinfoil 😉

Resep: Anelda Botha