ALICIA SE PIESANG EN KARAMEL POEDING

Alicia se piesang en karamel poedingtested

ALICIA SE PIESANG EN KARAMEL POEDING
2 pakkies karamel kits poeding
1 blikkie karamel
900 ml melk
6 groot piesangs
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 houertjie orley whip
5 groot lepels suiker
Maak beskuitjies fyn sit onder in die tertbak
Meng 1 pakkie kits poeding met 450 ml melk en halwe blikkie karamel voeg bo op beskuitjie krummels
Sny 3 piesangs en pak bo op
MengĀ  nog ‘n pakkie kits poeding met 450 ml melk en halwe blikkie karamel voeg bo op piesangs
Sny 3 piesangs pak bo op
Klits orley whip en 5 lepels suiker saam en skep bo op piesangs
Sit in yskas oor nag sodat dit kan stol
Bron en foto: Alicia Van Schoor