VLAKOEKIES MET MAIZENA


VLAKOEKIES MET MAIZENA
500 g margarien
2 koppies suiker
5 eiers
2 teelepels vanielje
6 koppies meelblom
1 koppie vlapoeier
1 koppie maizena
5 teelepels bakpoeier
2,5 ml sout
Room margarien en suiker. Voeg eiers en vanielje by. Voeg gesifte droë bestanddele by om ‘n sagte deeg te maak. Druk deur koekiemaker. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 10 minute by 180ºC.
Vulsel:
4 teelepels margarien
1 koppie versiersuiker
2 eeetlepels kookwater
Meng margarien met kookwater, voeg versiersuiker by en klop baie goed.
Vul afgekoelde koekies met vulsel.
Resep lewer 2,25kg koekies.