VERSKILLENDE VERSIERSEL

VERSKILLENDE VERSIERSEL
Soveel koekmaker en baksters wat daar is, so is daar omtrent vir elkeen van bg n verkillende resep en defenisie. Ek maak troukoeke ens en gaan so vinnig probeer verduidelik.
Marzipan word gemaak van gemaalde amandels en is nie baie gewild nie, dit het n gelerige kleur en lyk amper soos koekiedeeg, dit word gewoonlik uitgerol en dan oor die koek gesit voor die fondant oorgesit word.
Fondant het baie verskillende vorms waarvan die mees algemene een die “rolling fondant” is wat uitgerol en oor koeke gesit word, dis nou die mooi wit gladde laag wat jy ook kan kleur.
” Pouring fondant” is die gesmelte vorm wat jy oor Petit Four’s kan gebruik of oor cupcakes ens. Om met fondant te werk verg so bietjie oefening om dit mooi glad af te werk, maar dit lyk baie mooi en afgerond. Ek vind dat “Pettinice” wat jy by bakwinkels kry die maklikste fondant is om mee te werk. Partymaal word fondant ook “plastic icing” genoem. L.W jy kan van fondant ook blommetjies ens maak, dit word net nie so hard soos bv gum paste nie.
Modeling paste, Candy clay en gum paste is alles vorms van suiker waarmee jy figuurtjies, blomme ens kan maak en word harder droog as fondant. Moet dus nie die koek daarmee oortrek nie!! 🙂 Gum paste is die een wat die meeste gebruik word en dit is doodeenvoudig fondant waarby jy Tylose poeier of cmc poeier gooi om dit harder en meer elasties te maak (volg aanwysings op vervaardiger se pakkie)
2) Tensy jy oorweeg om n loopbaan van koekversiering te maak, is fondant al wat jy nodig het, jy kan dit kleur, uitrol, jou syfertjies maak en dit dan vir ‘n paar dae laat droogword. as jy dit baie hard wil he kan jy soos bo genoem net tylose by die fondant inknie.
3) Jy kan die syfers direk op botterroom versiersel plaas, dis nie nodig om die koek eers met fondant te bedek nie.
MARSHMELLOW FONDANT
Bestandele:
480 g Marshmallows (as jy dit wil kleur moet jy net wittes gebruik)
2-5 eetlepels water
Ongeveer 8 koppies versiersuiker
1/2 koppie Holsum
Maak omtrent 1 kg fondant
Metode:
Stap 1
Sit Marshmallows en 2 eetl water in n groot mikrogolfbestande bak. Mikrogolf vir ongeveer 2-21/2 minute maar roer goed na elke 30 sekondes tot marshmallows heeltemal gesmelt is.
Stap 2
Plaas3/4 van die versiersuiker bo-op die gesmelte marshmallows en vou in. Enige geurmiddels kan op die stadium bygevoeg word. Smeer hande en toonbank mildelik met Holsum en gooi marshmallow mengsel uit op toonbank. Knie goed deur en voeg versiersuiker by soos benodig totdat marshmallowmengsel nie meer vassit aan rak. Smeer kort kort jou hande met Holsum. As jy te veel versiersuiker byvoeg en fondant raak droog en skeur maklik, knie water 1/2 eetlepel op n slag by tot jy n gladde elastiese fondant het wat rek sonder om te skeur. Dit neem omtrent so 8 minute.
Stap 3
Dit is raadsaam om die fondant oornag te laat rus, smeer n dun lagie Holsum oor en maak goed toe met glad wrap en plaas dan in lugdigte houer.
Stap 4
Haal net genoeg fondant uit om mee te werk en laat die res in die glad wrap in die houer. Rol uit en gebruik soos verkies.
Om die fondant te kleur:
Indien jy die hele batch wil kleur kan jy die kleursel by die gesmelte marshmallows gooi voor jy die versiersuiker invou, anders kan jy stukke afbreek van die klaar produk en kleur soos benodig.
Royal Icing
(vir prentjies op kleinkoekies)
2 Groot eierwitte
4 koppies Versiersuiker
5 ml Vanilla
Klits die eierwitte tot styf maar nie droog. Voeg versiersuiker en vanilla by en klits tot stywe punte vorm. Skep van die versiersuiker uit in n bakkie en verdun letterlik DRUPPEL gewys met water tot n dunner versiersuiker wat jy kan spuit maar wat steeds vorm behou. Jy kan dit nou ook kleur. Skep in spuitsak en spuit op koekies.
Wenk: spuit eers n buiterandjie om elke koekie met ‘n dun versierbuis, laat droogword en vul dan die binnekante in. Wanneer heeltemal droog, kan jy van die onverdunde royal icing gebruik dit ‘n ander kleur maak of wit los, ‘n stencil op jou koekie plaas en die versiersuiket oor die stencil ‘smeer’ en gelykskraap. Die prentjie sal dan op die koekie agterbly as jy die stencil oplig.
Onthou dat die resep rou eierwit bevat. As jy versigtig is daarvoor kan jy by ‘n bakkerswinkel soos Bakers Bin, Baking Tin ens. Meringuepoeier koop en die vervaardiger se instruksies volg vir Royal Icing. Dit werk BAIE maklik, jy kan eintlik nie verkeerd gaan daarmee nie. Die gekoopte produk sê egter nie altyd jy kan vanilla ingooi nie, maar jy kan. Ek gooi altyd vanilla in, smaak net lekkerder!
Chocolate fudge icing
160 g (300ml) Versiersuiker
125 ml Kakao
80 g Botter/Marfarien
100 g (120ml) Strooisuiker
50 ml Water
Metode:
Sif die versiersuiker en die kakao saam.
Meng die botter/margarien, strooisuiker en water saam in kastrol en laat strooisuiker oplos oor lae hitte. Bring tot kookpunt.
Laat vir een minuut kook, verwyder van plaat en gooi versiersuiker en kakaomengsel met een slag alles in.
Klop goed tot glad en ‘shiny’
Smeer of giet oor koek terwyl die versiersuiker nog effe warm is.
Versier verder soos verkies.
Charlotte Verwey da Silva