SOUTVLEIS OP DIE KOLE


SOUTVLEIS OP DIE KOLE
Louwtjie Beck:
Dag sê. Kan iemand asb help. Ek wil heel soutvleis op kole gaarmaak. Enige voorstelle. Dit sal ons eerste probeerslag wees. Wil nie swartpot gebruik nie ,eerder rooster. Baie dankie
Stefaans Blaauw:
Sny sulke 2 cm dik skywe, en braai baie stadig tot dit deur warm is, dan loop hy mooi.
Gideon Jordaan :
Sit in foelie smeer botter, knoffel, en vars roosmaryn. Draai toe en sit op rooster met hoe hitte draai elke 5 min dat al die kante seël, sit dan een kant op matige hitte en draai elke 15 min, hang af van hoe dik die soutvleis is so uur en ‘n half na twee ure toe, vul kole aan as dit te lou word.