SOETSTOWE ANYSPATATS

SOETSTOWE ANYSPATATS
800 g patats
250 g botter
1 ½ koppie suiker
1 teelepel anys
Skil die patats en sit dit in soutwater, sodat dit nie swart word nie.
Smelt die botter in ‘n dikboom kastrol.
Dreineer die patats en skep dit in die kastrol.
Bedek dit onmiddellik met suiker.
Strooi anys oor, sit die deksel op en stowe tot die patats deurskynend is.