ROG KOLWYNTJIES-MUFFINS

rog kolwyntjies Corrietested
ROG KOLWYNTJIES-MUFFINS
Hierdie resep lewer 12 kolwyntjies.
Jy het nodig:
2 koppies rogmeel
4 teelepels bakpoeier
4 teelepels fruktose (ek gebruik suiker)
1/2 teelepel sout
1 koppie melk
2 eiers (effens geklits)
4 teelepels olyfolie
Verhit oond tot 200 grade C. Smeer/spuit kolwyntjiepan. Sif die droe besatnddele saam in ‘n bak. Voeg geklitste eiers, melk en olie by en meng tot glad en matig slap. Voeg nog melk by indien nodig. Skep pannetjies half vol. Bak vir 12 minute.
Heerlike, vinnige muffins om te maak, goed vir mense wat gluten in dieet wil vermy/verminder. Volgens die outeur het rogmeel ‘n lae GI (34) as dit nie met ander meel gemeng word nie. My man is ‘n tipe 2 diabeet, daarom probeer ek lae GI-kos maak. Ek kry altyd komplimente as ek dit vir gaste voorsit.

FOTO:  Corrie Davel