OUMA SE BOERBESKUIT


OUMA SE BOERBESKUIT
16 koppies koekmeel
2 eetlepels sout
2 ½ koppies suiker
2 eiers
30 g droë gis
500 g bak margarien (ek gebruik stork bake)
500 ml lou warm water. (Mag dalk bietjie meer nodig hê, die deeg moet lekker sag en bietjie sticky wees. Toets maar soos jy dit meng).
Gooi al die bestandele saam in ‘n groot mengbak. Meng tot deeg en knie deeglik.
Maak bak toe met clingfilm en bêre in ‘n warm kamer en maak toe met kombers.
Los om te rys tot vier keer die grootte, omtrent 5 ure. (Ek pak warm water sakke om die bak).
Wanneer tevrede met die grootte van deeg, her-knie vir nog 5 of 10 minute.
Die brood blikke word nou gesmeer met botter.
Druk dan jou bolletjies deeg uit en pak in die broodblikke, (omtrent 9 lank en 3 dwars).
Laat die bolletjies weer rys in die broodblikke for nog 45 minute ook onder ‘n kombers in ‘n warm plek.
Hulle hoort die brood panne tot bo vol te rys.
Voorverhit die oond op 180°C.
Plaas die blikke in oond en bak vir omtrent 30 – 40 minute en mooi donker bruin doppies.
Toets die beskuit om in die middel ‘n dun plat mes in te druk en kyk dat hy skoon uitkom.
Haal blikke uit die oond en dop om op draad rakke.
Breek die beskuit versigtig op in stukkies en plaas op ‘n groot rak in ‘n lou oond om oornag uit te droog.
Ek hoop julle geniet die beskuit – dis my gunstelling.
RESEP EN FOTO: Alyssa Buxmann