MAURICE SE HOENDERPASTA


MAURICE SE HOENDERPASTA
3 hoenderborsies gaargekook met sout, handjie vol oreganum en uie, van die bene afgehaal en gepluis. Hou die hoenderaftreksel eenkant.
± 250g gaar noedels van jou keuse.
± 500g gevriesde mielies en ertjies vir 5 minute in bietjie van die hoendersous gekook.
1 pakkie kaassous (van jou keuse) aangemaak volgens instruksies, maar met bietjie minder water om dit dikker te hê.
1 ½ eetlepel meel
1 ½ eetlepel botter.
1 eier
‘n handvol gerasperde kaas
Maak ‘n witsous aan met die meel, botter en die hoenderaftreksel. Haal van die hitte af en roer die kaassous en bietjie gerasperde kaas daarby en dan die eier. Meng alles deeglik deurmekaar, skep in ‘n oondbak, strooi nog gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 35 minute.
Bron: Maurice Olivier en Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.