MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES

marietjie se mieliepap tertjiestested

MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES

Maak pap met 4 koppies water, 1 teelepel sout en 4 koppies meel.
Laat water eers kook en roer meel by. Roer aanhoudend tot pap kook. Stel plaat laer en laat stadig gaar kook. Ek proe maar wanneer dit gaar is. Spuit muffinpanne van jou keuse met kleef vrye sproei. Skep lepels vol gaar pap in die panne en druk dit soos n tert doppie. Pasop vir te dun. Laat afkoel sommer op bak met ys. Haal doppies uit panne en plaas in oond vaste bak.
Maak nou vulsel van die volgende:
1 blikkie bully beef
1 blikkie cream style sweetcorn
1 blikkie tamatie en uie
gooi sout, peper en mixed herbs, by
Ek gooi sommer bietjie peri-peri sous en braai sous ook by.
Verdik met bietjie maizina as te loperig. Skep lepels vol in jou pap bakkies, strooi gerasperde kaas oor en sit in oond tot kaas smelt. As jy dit wil vries, los net die kaas uit. Vries baie goed.
Dis sommer my eie konkoksie wat ek saamgooi.

FOTO EN RESEP: Marietjie van der Merwe