JOHAN SE DADELBROOD



JOHAN SE DADELBROOD
Foto: Jolandi Greyling en Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
375 g fyn gekerfde dadels
5 ml koeksoda
125 g margarien, in klein blokkies gesny
250 ml kookwater
190 ml suiker
1 eier, geklits
5 ml vanilla geursel
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
125 ml gekapte neute
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak.
Gooi kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word.
Klits eier, suiker en vanilla geursel goed en voeg by die dadelmengsel.
Sif meel en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in.
Voeg neute by en meng goed.
Bak 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180°C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.