HEERLIKE HAWERMOUTKOEKIES

HEERLIKE HAWERMOUTKOEKIEStested
HEERLIKE HAWERMOUTKOEKIES
Ek het bietjie deur my ou resepte gegaan en op hierdie 25 jaar oue hawermoutkoekie resep afgekom. Was in Huisgenoot van Desember 1989. Nog nooit gebak en vandag probeer.Glad nie spyt.
230 g (250 ml) margarien
420 g (500 ml) strooisuiker
1 ekstra-groot eier
10 ml gouestroop
10 ml amandelgeursel
25 ml kookwater
10 ml koeksoda
350 g (625 ml) bruismeel
300 g (750 ml) hawermout
Voorverhit die oond tot 180º (350ºF). Smeer ‘n paar bakplate. (ek gebruik sommer bakpapier – minder moeite :))

Room die margarien en die strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier by en meng goed.
Meng die gouestroop, amandelgeursel, kookwater en koeksoda en voeg by margarien-mengsel. Sif ook die bruismeel by en voeg dan die hawermout by. Meng goed. Rol in okkerneut-grootte bolletjies en plaas taamlik ver uitmekaar (hul smelt. Omtrent 24 bolletjies op groot oond bakplaat).
Bak 8 minute lank of totdat die koekies goudbruin is. Laat afkoel op die bakplaat en plaas dan op ‘n afkoelrak. Bere in lugdigte houer.
Lewer ongeveer tussen 74 – 80 koekies.

FOTO – Tina Leonard