GEROOKTE VARKNEK IN LEMON TWIST

 

gerookte varknektested
GEROOKTE VARKNEK IN LEMON TWIST
Gerookte Vark nek gekook vir 2 ure in Lemon Twist. Daarna gesmeer met n Heuning, Hot English Mustard en Kook olie mengsel. Gebak in die oond vir 30 minute. Beslis nie daai baie soet smaak wat ek in die vleis proe as jy dit met coke kook nie. Ek kon die bietjie Lemon smaak proe. Oor die algemeen lekker maar daai Hot English mustard in die Heuning/Mostert basting maak n groot verskil. Saam sommer net n mengel slaai en in my geval growwe swart peper met room en aartappel by die peper.

Net voor ek vergeet. Die vleis was 2 kg so ek het dit gewerk op kook n uur vir elke 1 kg.

RESEP EN FOTO:  Koos van der Merwe