BROOD-EN-TUNA-TERT

BROOD-EN-TUNA-TERTtestedbrood en tuna tert adam
BROOD-EN-TUNA-TERT
Janie le Roux van Mokopane in Limpopo het hierdie resep met ons gedeel.
Foto’s:   Johann Van Vuuren en Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Lewer 1 tert van 20 cm
2 blikkies (170 g elk) tuna in pekelwater, gedreineer
1 rooi-ui, gekap
5 agurkies, gekap
12 – 15 babatamaties
300 g cheddarkaas, gerasper
3 eiers, geklits
500 ml (2 k) melk
7 snye witbrood, korsies verwyder
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak van 20 cm.
Meng die tuna, ui, agurkies, tamaties, cheddarkaas en eiers.
Verhit die melk en giet oor die snye brood. Geur met sout en peper. Meng goed.
Voeg by die tunamengsel. Meng goed en giet in die gesmeerde oondbak.
Bak 45 minute of tot goudkleurig en gestol.

WENK
Vervang die cheddarkaas met fetakaas en 250 ml van die melk met gladde maaskaas – dit sal die maaltyd meer vullend maak.