BELINDA SE SOETKOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER

soetkoekies belindatested
BELINDA SE SOETKOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER
9 koppies meel
9 teelepels bakpoeier
5 eiers
500 g stork bake, die blok maragrine
3 koppies suiker
5 ml sout

Verroom die eiers, suiker en margarien,voeg droë bestanddele by tot sagte deeg, druk uit met koekie gun
Bak 12-15 min op 180ºC.
Nota: Ek verkoel nie die deeg voor ek dit gebruik nie.. ek gebruik dit net so

FOTO EN RESEP: Belinda Minnie
2de foto:  Jacqui Van Zyl Hodgkinson