APPELS-IN-VLA-PASTEITJIES

APPELS-IN-VLA-PASTEITJIEStested

APPELS-IN-VLA-PASTEITJIES

1 Roll Puff Pastry
6 Groen Appels geskil en ontkern
Margarien
Donker bruin suiker
Kaneel
All Spice
Sous/vla
1 Blik Kondensmelk
2 Kop Kook Water
100grm Margarien
60ml Vla poeier
Voorverhit oond 200’C
Roll deeg bietjie dunner uit.
Sny in 6 ewe groot blokke
Plaas ‘n appel op elke blok.
Druk margarine in appel holte (nie meer as helfte vol nie)
Druk nou suiker bo op die botter.
Strooi met lekker baie kaneel en ‘n bietjie van die all spice.
Vou die appels toe in die deeg, en plaas in gesmeerde bak.
Bak vir 20min.
Meng intussen die kondensmelk en kookwater en ook die margerien saam tot botter gesmelt is.
Gooi by apples en bak verdere 10min.
Gooi bietjie meer as die helfte van die sous af in ‘n beker.
Klits vlapoeier by die afgegooide sous tot glad.
Gooi als terug by die apples.
Bak laaste 20min tot goudbruin en die vla effens geset is.
Bedien saam room of roomys op…..

BRON EN FOTO: Suenell Liebenberg