WENKE VIR KLEINKOEKIES

2015-06-24-kleinkoekies(meuletjies)

WENKE VIR KLEINKOEKIES
Hou ’n stuk skoon waspapier bo-op droë koekies in ’n digte koekblik. Dit hou die koekies vars.

Wanneer jy droë koekies bêre, strooi ‘n laag suiker onder in die houer om dit langer vars te hou.

Onversierde koekies wat begin sag word kan weer bros gemaak word deur dit vir 5 minute by 180ºC te verhit.

Gebruik die meel spaarsamig wanneer jy koekiedeeg op ‘n meeloppervlak uitrol. Te veel meel kan die koekies hard maak.

Vir ekstra bros koekies, gebruik bruinbroodmeel in plaas van koekmeel.

Druk die vurk waarmee jy koekiedeeg platdruk in meel. Dit voorkom dat die deeg aan die vurk vassit.

Wanneer jy koekies se deeg verseël, bestryk die rande eers met water of melk.

Indien jy nie ‘n koekiedrukker het nie, kan jy koekies met ‘n glas uitdruk.

Botter, hoewel duurder as margarien, is altyd beter vir geurige kleinkoekies.

Maak kleinkoekie deeg ‘n dag voor die tyd aan, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas. So verkry die koekies ‘n beter tekstuur.

As jy kleinkoekies bak, trek eenvoudig die oondrak oor met tinfoelie, strooi meel liggies daaroor en plaas dan die rou koekies bo-op. Geen bakpanne om agterna skoon te maak nie.