WENKE VIR INKKOLLE

INKKOLLEtested
WENKE VIR INKKOLLE
Alida Keown – Help hoe kry ek bloupen inkkolle uit op n TShirt?

Hermanus Kriel – Witdulsies van Lennons

Michelle Pottage – Doom works for me.

Irna Strydom Roux – Haarspray ook

Rina Kleinhans – watter kleur is die T hemp

Charlene Colyn – Surgical alkohol of haarspray

Althea Wilson – Rub and wash white lux soap

Rina Kleinhans – Ink
Meng 1 eetl wit asyn, 1 eetl melk, 1 teel Boraks en 1 teel suurlemoensap. Smeer aan ink kol, los vir omtrent 10 min, dep dan met ‘n skoon spons en koue water totdat die kol weg is.
Gebruik witdulsies, brandspiritus of gliserien en ‘n paar druppels ammoniak.
Week in Dettol, vryf bietjie en was dan gewoonweg.
Gebruik brandspiritus (methylate spirits), alkohol of haarspoei (die tipe met alkohol in en wat in ‘n blik verkoop word) om Balpunt pen ink-kol te verwyder. Sit die gevlekte materiaal op ‘n droë stuk watte. Deurweek nog ‘n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met ‘n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei goed aan die vlek, laat staan vir 30 min, en dep met skoon stukkies watte of spons en koue water Dit sal dalk nodig wees om die proses ‘n paar keer te herhaal..
Jy kan ook eau-de-cologne( te koop by apteke) of wit tandepasta gebruik (nie gel soort).
Vir balpuntink op leer banke, deurweek vlek met haarsproei (tipe wat in ‘n blik is) los aan vir ‘n paar minute, maar moenie laat droog word nie. Borsel dan liggies met ‘n oplossing van asyn en water. Herhaal proses vir hardnekkige vkekke, merk sal ligter word elke keer as jy haarsproei aanspuit.
Maak skoon met brand spiritus, vryf dan suurlemoen oor en was.
Week in Rubbing Alcohol vir 30 min, dep dan met spons wat in koue water gedoop is.
Smeer Golgate, Handy Andy en Brasso aan merke, hang kledingstuk vir ‘n halwe dag in son, gebruik lekker warm water en vryf die merke goed.
Doom (die groen blik)!
Spuit goed nat met WD40, spoel af na ‘n minuut of twee.
Skeerroom (die room, nie die gel) Spuit ‘n bietjie aan die merk, wag 30 min, spoel dan onder koue water terwyl liggies gevryf word met vingers.

Faye Abrahams – Dip in milk

Susan Van Der Westhuizen – Melk en witasyn gemeng sit op kol dit werk soos ‘n bom.

Janetta Reid – Jy kan gliserien ook probeer

Charmain De Wett – Nuwe produk genoem “Blade”by kar shampoo en goed in spuit bottel -spuit goedn los paar minuten spuit weer en vryf en herhaal twee keer, was en hang uit om te droog…of gebruil Aeriel was “liquid” sit op ink kol,los vir paar minute,vryf, spoel en herhaal weer ‘n keur-een van die hoort te werk-al my kolle het verdwyn

Jacky Reid – Ek het nounet n skool trui met rooi ink gewas. Jy spuit hom lekker nat met haarsprooi. Vryf bietjie en was soos gewoonlik

Johan Visser – spuit green clean

Elize Matthysen Theron – Probeer Dettol, haal tot bloedkolle ook uit. En vetkolle.

Marjorie Derks – Traai Blixem dit het die rooi ink uit my wit broek gehaal

Bessie Leeuwner Du Preez – Wit dulsies! Lennon produk. Dit werk soos n bom!