TOFFIE KARAMEL LEKKERS
TOFFIE KARAMEL LEKKERS
RESEP
250 ml suiker
knippie sout
200 g goue stroop (sit eers die koppie of maatbeker in water sodat die stroop maklik uitkom)
350 ml room – gewoon
5 ml vanielje geursel of karamel geursel of koffie geursel of sjokolade
METODE
1. Meng die suiker, sout, stroop en 150 ml room, verhit en roer om die suiker te laat oplos.
Was die kante van die kastrol met nat kwassie.
Onthou die mengsel mag nie kook voordat die suiker opgelos is nie.
2. Kook oor lae hitte tot die sagtebal stadium (115 ˚ C).
Roer aanhoudend om aan brand te voorkom.
3. Voeg 100 ml room by, roer en kook weer oor lae hitte tot 115 ˚ C.
4. Voeg die laaste 100 ml room by en roer en kook oor lae hitte tot die stywebal stadium (120 ˚ C).
5. Roer die vanielje geursel by en gooi 15 mm dik in ‘n gesmeerde pan, 120 mm x 180 mm groot uit.
6. Laat oornag staan en sny in 15 mm vierkante.
Laat ‘n dag of twee staan om te droog en draai elke stukkie in waspapier toe.
Die blokkie is heerlik ryk en sag.
BRON: Annelien Pienaar. sagte lekkergoed klas 2015,
www.bosenbergguestfarm.co.za

