SOPHIA SE OKKERNEUT KOEKIES

SOPHIA SE OKKERNEUT KOEKIEStested
SOPHIA SE OKKERNEUT KOEKIES
575ml koekmeel,
1ml koeksoda,
1ml bakpoeier,
220ml suiker,
125ml botter,
1eier geklits,
30 okkerneuthalwes.

Voorverhit die oond tot op 140’c, smeer n bakplaat met botter, sif meel ,koeksoda,en bakpoeier saam. Voeg die suiker by en vryf die botter met jou vingerpunte in tot dit soos brood krummels lyk. Voeg die eier by en meng deur. Druk die deeg aan mekaar en vorm n lang rol van ongeveer 3cn in deursnee.verkoel 30min . Sny in 7mm dik skywe , rol in balletjies en druk plat, met n vurk. Plaas n okkerneut bo-op elkeen . Bak 10min lank by 140’c, verhoor die oond temp tot 180’cen bak nog 10min lank of tot goudbruin. Laat afkoel en plaas dan op draad rakkie om heeltemal af te koel. Lewer 30 koekies.
BRON – Sophia Fick