SOPHIA SE KOFFIEKOEKIES
SOPHIA SE KOFFIEKOEKIES
125 ml kitskoffie korrels gemeng met 30ml kookwater
560 ml botter
250 ml goue stroop
500 ml suiker
10 ml vanilla
1 pakkie koeksoda. (14g)
8 x 250 ml koekmeel
5 ml sout
Verhit oond tot 180°C.
Meng die koffie, botter, stroop en suiker en smelt net effens oor lae hitte.
Voeg die vanilla en koeksoda by en roer deur.
Meng die stroopmengsel met die meel en sout.
Vorm koekies met n koffie meel se klein koekie maker of met n drukker.
Bak vir 15 min.
Laat afkoel voor uit pan haal.
VULSEL.
500 ml suiker
250 ml melk
10 ml vanilla
250 ml botter
30 ml kitskoffie korrels
Kook al die best vir 10 min saam laat afkoel.
Klop die mengsel vir 15min tot dit styf is.
Sit op koekies en plak op mekaar. Laat die vulsel stol voor koekies in die blik gaan.
Resep en foto: Sophia Fick (Lid)

