SALAMI EN POPPIESAAD ROSTI
SALAMI EN POPPIESAAD ROSTI
3 groot aartappels, grof gerasper
1 medium ui, grof gerasper
Dreineer deeglik, en druk soveel ekstra vloeistof uit as moontlik.
In ‘n aparte bak, meng deeglik:
sout en peper na smaak
knoffel en origanum na smaak
1 eetlepel Maizena en 1 eetlepel koekmeel
4 – 6 skyfies salami, fyn gesnipper
Meng aartappels en uie deeglik by meel mengsel
Voeg so 2 eetlepels olie by
Meng 1 eier by
Skep in ‘n gespuite oondpannetjie van jou keuse. (ek het ‘n Brownie pannetjie gebruik)
Sprinkel mildelik met poppy seeds bo-op.
Bak vir so 20 – 30 teen 180°C of tot goudbruin en crispy.
Laat effens afkoel en skep uit.
Bron en foto: Meyer Combrinck

