RYK VERLEIDELIKE SJOKOLADEKOEK

2015-11-01-rykverleidelikesjokoladekoektested
RYK VERLEIDELIKE SJOKOLADEKOEK
125 g botter of margarien
250 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
3 ekstra groot eiers
80 ml appelkooskonfyt
375 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
125 ml kakao
250 ml karringmelk

GANACHE VERSIERSEL
100 g donkersjokolade
30 ml botter of margarien
30 ml vars room

Verhit al die bestanddele in n klein kastrol oor lae hitte. Roer gereeld tot gesmelt en glad.
Klop die botter, strooisuiker en geursel saam tot romerig. Voeg die eiers een-vir-een by en klop goed na elke byvoeging. (Ek gooi met elke eier ‘n opgehoopte teelepel meel ook by, sodat die mengsel nie moet skif nie). Voeg die konfyt by en klop tot glad.
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kakao saam en voeg om die beurt met die karringmelk by die eiermengsel. Meng tot glad. Skep in n ronde 23 cm-veerklamppan.
Bak 45 minute in n voorverhitte oond by 180ºC. Laat effens afkoel en keer dan op n draadrak uit om verder af te koel.
Wanneer die koek heeltmal koud is, gooi die versiersel oor en versier soos verkies.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld