RACHELLE SE HOENDERPASTEI
RACHELLE SE HOENDERPASTEI
2 x skilferkorsdeeg rolle
Gaar, ontbeen en gevlokte hoender
sampioene in botter gebraai met sout en peper
Eiers (gekook en in blokkies gesny)
Ham (in blokkies gesny)
Gekookte ertjies
Feta kaas (gekrummel)
Witsous
1 x eier geklitsVoorverhit oond (200°C)
Plaas ‘n vel deeg onder in ‘n oondvaste bak, prik met ‘n vurk en bak in oond (om die onderste deeg eers te bak voor jy begin om jou pastei te maak, gee dat jy nie met rou of half gaar deeg onder in die bak sit nie, omdat alles wat jy in die pastei gebruik reeds gaar is). Wanneer die deeg gaar is haal uit oond en begin om die pastei te bou. Plaas eerstens ‘n laag hoender gevolg deur ‘n laag witsous. Plaas dan ‘n laag sampioene gevolg deur die eiers, dan die ham en laastens die ertjies. Frummel feta kaas bo-oor en skep laastens weer witsous oor. Plaas ‘n vel deeg bo-oor om die pastei te bedek en smeer met ‘n geklopte eier. Bak in oond totdat die deeg uitgeswel en goud bruin is.
(Julle sal sien dat ek nie aanwysings gee vir hoeveel van als nie want dit hang maar af van hoe groot jou bak is en natuurlik vir hoeveel honger mense jy die pastei maak)
Geniet!
Resep en foto: Rachelle

