OUTYDSE VLUGSOUT SOETKOEKIES

OUTYDSE VLUGSOUT SOETKOEKIES
Resep voorsien deur Teresa Barnard
FOOD LOVERS RECIPES
Dit was eers in die tweede helfte van die 1800’s wat bakpoeier algemeen beskikbaar geword het in Suid-Afrika. Instede van bakpoeier is potas of vlugsout soms gebruik, maar dit het ‘n ‘seperige’ smaak aan die koekies gegee, indien te veel daarvan gebruik is. Instede het bakkers plannetjies gemaak om sonder rysmiddels te bak, wat tot gevolg gehad het dat droë kleinkoekies die stapel koekie van die tyd geword het. Die Kaapse vroue het meegeding teen mekaar om die delikaatste, dunste en broste koekies te bak, wat dadelik geëet kon word of gestoor kon word vir later.
12 pond koekmeel (5.4 kg)
2 eetlepels fyn pypkaneel
6 pond suiker (2.7 kg)
1 eetlepel fyn naeltjies
2 pond botter (1 kg)
1 eetlepel koeksoda
1 pond sagtevet (450 g)
1 eetlepel vlugsout

Meng die koekmeel en speserye, vryf die botter en vet deur.
Los die koeksoda op in melk of water en voeg dit saam met die vlugsout  die meelmengsel.
Meng tot ‘n stywe deeg en knie goed deur.
Rol die deeg uit en druk koekies af.
Bak in ‘n warm oond tot gaar.
Let wel: Melk of water kan vir die aanmaak van die koekies gebruik word.