OUMA JESSIE SE SOETKOEKIES

2015-11-07-oumajessiesesoetkoekiestested
OUMA JESSIE SE SOETKOEKIES
10 Koppies Meel
5 Koppies Suiker
10 Teelepels Bakpoeier
1 Teelepel Sout
500 g Klapper
750 g STORK BAKE Margarien
8 Eiers
Oond op so 180 Grade C

Meng die meel, suiker, klapper, sout en bakpoeier saam. Vryf die margarine goed in. Klits die eiers en gooi die eiers by en meng als bymekaar. Kyk maar dat dit lekker werkbare deeg is. As dit bietjie droog is gooi so bietjie melk/water by. Gooi meel op die werksoppervlak en rol uit.

Gryp die koekie drukkers en gaan mal.
Smeer met mengsel van bietjie eier en melk.
Sit in die oond vir so 8-10 minute tot lekker bruin.

Die koekie is sag as dit uit die oond kom maar word vinnig harder.

Lewer so 100 koekies afhangend van die koekie groote.
Bron:  Deon Rossouw se ouma Jessie
Foto:  Deon Rossouw en Junilla Gabel-Smit